We would love to hear from you. Please take a few moments to fill out our online survey
click here
011 476 3202/3 (Cresta)
012 548 0130/1 (Zambezi)

Droë oë

Droë oë kom oor die algemeen voor in die winter en beïnvloed die gemak van die oog asook visuele skerpte. Dit verander die komposisie (kwaliteit) en hoeveelheid (kwantiteit) van die traanlaag en veroorsaak krapperige, ongemaklike oë.

Die Traanlaag

Die traanlaag bestaan uit drie lae, wat elk sy eie funksie het om die okulêre oppervlak stabiel te hou. Dit bestaan uit die buitenste lipied laag, die middelste waterige laag en die binneste mukus laag. Verandering in die integriteit van een van hierdie lae kan lei tot droë oë, wat ook bekend staan as Keratokonjunctivitis Sicca.

Klassifisering van droë oë

Verminderde traanvloei as gevold van traanklier obstruksie.
Verdamping van trane as gevolg van kontaklense, ooglid- en oppervlak veranderinge of lipied tekort.

Watter simptome word met droë oë geassosieer?

• Sanderige , krapperige gevoel
• Branderige oë
• Fluksuerende, wasige visie
• Rooi oë
• Intoleransie tydens kontaklens gebruik
• Tranerige, waterige oë

Indien jy een of meer van hierdie simptome ervaar,maak ‘n afspraak by een van ons Oogkundiges vir ‘n volledige “droë oë ondersoek.

Oorsake van droë oë

• Medikasie (anti-histamien, anti-depressante, hoë bloeddruk, voorbehoed pil)
• Lugreëling en ander omgewings-faktore soos wind, stof en rook
• Lang ure voor ‘n rekenaar- of televisie skerm
• Nie genoeg knip of onvolledige knip
• Verstopping van traankliere
• Kontaklense
• Hormonale veranderinge (menopouse en swangerskap)
• LASIK operasie
• Sistemiese kondisies (allergieë, bind-weefsel siektes, arteritis)

Hoe om droë oë te behandel:

Sodra ons kan vasstel watter tipe droë oë ter sprake is, kan ons raad gee aangaande die oorsaak van die probleem asook hoe om die simptome te elimineer:

• Omega 3-6-9, “Flaxseed” olie kapsules of “Dry Eye Caps”
• Vermeerder water inname
• Behandeling om traankliere oop te maak en verstopping te voorkom
• Verandering in kontaklens materiaal
• Aandag aan knip-gewoontes asook ure voor rekenaar- en TV skerms
• Behandeling om traandreinering te verminder
• Traan aanvullings soos: “Optive”, “Cellufresh”, “Teargel” of “Refresh Liquigel” (beskikbaar in ons praktyk)

read_English

 

  © Copyright 2010 Vision Optometrists. All Rights Reserved. Terms of Use Privacy Policy  
Designed by Helios Design